Kerkstraat-bomontploffing

Die Kerkstraat-bomontploffing was 'n aanval wat Umkhonto we Sizwe, die militêre vleuel van die ANC, op 20 Mei 1983 in Kerkstraat in Pretoria geloods het. 'n Motorbom is hiervoor gebruik wat 19 mense gedood en 217 beseer het (waaronder verskeie swartmense).[1][2] Dit word as een van die grootste aanvalle deur die ANC in sy stryd teen apartheid beskou.

Die motorbom met 40 kg plofstof is buite Nedbank Plein in Kerkstraat-Wes gelaat om teen 4:30 nm op 'n Vrydagmiddag af te gaan. Die teiken was die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) wat meeste van die kantore in die gebou gehuur het. Omdat dit teen spitstyd afgegaan het, is verskeie burgerlike persone egter ook gedood en beseer. Die hanteerders van die bom, Freddie Shangwe en Ezekial Maseko, sterf ook in die ontploffing, nadat dit 10 minute te vroeg afgegaan het. Ten minste 20 ambulanse is ingespan om die dooies en gewondes af te voer.

  1. "1983: Car bomb in South Africa kills 16". BBC. 20 Mei 1983.
  2. "ANC Mastermind Campaign Justifies Pretoria Church Street Blast" (in Engels). SAPA. 6 Mei 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2008. Besoek op 4 Maart 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search